Home

DIT IS WEER SULKE TYD!!!
        HOMESCHOOLKAMP 2017
Waar: Voortrekker kamp terrein
              Hartebeesfontien
              Moloto pad
Datum: Junior kamp 24 Nov tot 26 Nov
              (8 tot 11jr)
             Senior kamp 26 Nov tot 1 Des
              (12 tot 18 jr)
Maak julle reg vir groot sports, baie lag,speel,kuier,eet en swem
Navrae kan gerig word aan :
Leonie 0815922544
Whatsapp No’: 0614717387
Cemeon 0843528269
KAMP INFORMASIE 2017
Junior kamp
1. Aankoms op die terrein is Vrydag 24 Nov 10h00.  Vertrek weer 26 Nov vanaf 13h00.
Senior Kamp
1. Aankoms op die terrein is Sondag 26 Nov, 14h00(ouers wat seniors kom aflaai en juniors oplaai kan inkom vanaf 13h00)
Moet asseblief nie later as 3 uur daar wees nie, aangesien ons 4 uur wil begin.
Vrydag oggend 10h 00 vertrek ons huistoe, na ontbyt.
2. Laat weet ons asseblief ook van enige allergieë of kosse wat nie geeet mag word nie, voor die tyd
3. Bring die volgende:
Ontspanningsdrag,
swemklere,
 slaapsak of beddegoed,
kussing,
eetgerei (probeer papierborde bring, dit is baie gerieflik en spaar jou tyd!),
flits (belangrik!),
 muskietgoed,
Jou bybel
sonbrandmiddels (belangrik!),
reënjasse,
badkamergoed (jou tandeborsel, seep, handdoek ens). Bring ook jou bord speletjies saam as jy wil, ons sal ook so paar daar hê.
Ook jou krieketstel, sokkerbal of rugbybal.
Daar gaan ‘n snoepie wees, so bring genoeg sakgeld.
4. Onthou ons gaan weer Donderdag aand ons talent aand hê, hierdie jaar egter gaan ons deur die loop van die week proeflopies hê sodat ons n program kan saamstel.
5. Donderdagaand is ons “grênd” ete! Ons gaan die tafels mooi opmaak en lekker saam eet.
Bring so ‘n ou mooierige kleertjie saam vir die aand. Dit hoef nou nie grênd grênd te wees nie!
Daar is ‘n klankstelsel vir sing en bring gerus jou eie instrumente,  of jou musiek as jy wil dans of sing.
6. Ontbyt – Bring asb jou eie ontbyt saam as jy NIE koffie, tee, beskuit, broodjies en vrugte eet nie! Daar sal melk wees so bring gerus graankos saam as jy wil.
7. Sondag aand – Net ‘n herinnering aan die ete vir Sondag aand. Almal bring hulle eie ietsie om te eet. Almal hou gewoonlik ‘n lekker bring en braai saam, so daar sal pap en sous wees en die braaivleis vure sal hoog brand.
8. Daar sal weer agterna n kamp dvd beskikbaar wees, so bring jou extra geldjie saam vir die bestelling daarvan.
Ek het almal wat laas bestel het se dvd’s  en sal dit saam bring.
9. Padkaart – sal gestuur word met aanvraag.