About

Die Span

Erich en FamilieErich & Lizette is al vir 20 jaar in gesins bediening met die fokus op kinders, ouers en die gesin as geheel.  Erich het ‘n boek geskryf getiteld ‘Ons Huisgeloof’ wat ouers help om waardes oor te dra aan die volgende generasie.  Saam met hul 2 kinders, Bernard (12 jaar oud) en Zoey (8 jaar oud), bedien hul gesin jaarliks meer as 50 000 kinders in skole, kerke, op kampe en jeugfeeste, landswyd.  As gevolg van die feit dat hul kinders saam toer en optree in die bediening, tuisskool hul ook en verstaan dus die dinamika van kinders wat tuisskool.  Die doel van hierdie kamp is om tuisskolers ‘n kans te gee om sosiaal te verkeer met ander tuisskolers en nuwe vriendskappe te vorm, sowel as om hul gawes en talente te ontdek.

Die KloppersCoenie (eie besigheid in konstruksie en ontwikkeling.) En Leonie(tuisteskepper, drama en sang afrigting) Klopper, met hul 3 kinders, Justine(22), Cémeon(17) beide tuisskoolleerlinge en Anneke(8) tans in Laerskool Kameelfontein, woon net buite Pretoria op n plaas.
Ons grootste passie is JESUS, en mense.
Ons is deel van hierdie kamp aanbieding omdat ons wil sien dat die toegwyde homeschooler n week kan hê waar julle kan.....FUN, FUN, FUN hê. Ontspan, kuier, opvang met ou pelle en net crazy fun hê.

Cecelia Meyer-de WetCecelia het ‘n seun, Andrico (19) en dogter Sú-Mari (16) wat sy sedert 2006 tuisskool. Haar seun het in 2015 sy matriek suksesvol voltooi en is tans ‘n Target Life student by Lewende Woord.
Sy is sedert 2003 ‘n enkel ouer. Sy glo dat die God-gegewe taak as ouer en die invloed, tyd en liefde wat ons in ons kinders se lewens kan belê, ‘n wêreld-veranderende impak teweeg kan bring.
Derhalwe is haar persoonlike uitgangs-punt: ‘A teacher’s reward is measured in his/her student’s, superceeding and accelerating far beyond the teachers teaching ability, doing and achieving more than the teacher ever could.’